Dit was daai dag toe die herfs blare aan my broek klou en die wind met my hare speel.
Toe ons op jou bank sit en musiek luister.
Jy het my hand gevat en ons het gesels.
Dis al wat ek kon onthou, want ek weet net van die nat gras onder my kaal voete en die wind wat wreed aan my klou.
Staan ek iewers, maar nerens, soos jou woorde wat verdwaal in die mis.
Ek dink die is n droom, word wakker! Word wakker!
Net stilte omkring my gedagtes.
Nou verskyn jy voor my en ly my daar waar die bad vol getap is en die kersies warm skyn.
Sit ek en my kniee vas hou, want ek praat en jy andwoord nie.
Ek verdrink my gedagtes van jou, ek verbrand my droome oor ons, want die is speel, speel en daar is nie reels.
Vanaand loop ek weg en vergeet van jou.