Moenie dink my gedigte is oor jou nie,
Jy sal nie werklik weet wie dwaal in my hart nie,
Ek wens soms jy wil terug aarde toe,
Jy is net te vol van jouself,
Jy sal jou wat verbeel om my hart te kan steel, al kyk ek diep in jou oe en smile vir jou.
Dis wie ek is en vriendelik is ek.
Daar was n tyd toe jy in n gedig was,
Maar jy het n ander gekies, nou ek sien dit keer op keer, die spyt wat trug kom elke keer.
Ek is niemand se tweede, derde of vierde.
Maar tog kan ek n gedig skryf van liefde en dit waar laat klink.
Want daar is tog boeke of musiek wat iets wakker maak om mens te laat skryf.
So moenie dink die gedig gaan oor jou nie want dit mag dalk net op gemaak wees.